Languages

23/04/2012
om 19:00 Episode 25 op Mzansi Magic

Gio loer na haar vriende op Facebook. 'n Spesiale Italiaanse vriend Ricardo, wat twee maande gelede in Kaapstad op vakansie was, het verrassende nuus gestuur: hy land vanaand by Cape Town International Airport. Sasha-Lee glo nie dat hy terug is net vir 'n vakansie nie. Daar moet nog 'n rede wees...

Aangesien die liedjies van Huis van Davids 'n groot sukses op die radio is, het HeartFM 'n spesiale versoek aan die familie. Laurenzo, Zoey en Vinnie is oppad na die studio om te hoor waaroor dit gaan.

In Atlantis arriveer Terri by die huis na 'n besoek aan die haarkapper. Sy is bang om die resultate vir haar pa te wys.

Intussen, omdat dit haar af dag is, wil Tisha haarself bederf met 'n vel skoonheidsbehandeling. Sy gaan die behandeling self aanmaak aangesien Nicole vir haar 'n spesiale resep gegee het. Maar die bestanddele het 'n snaakse allergiese effek op Tisha.

17/04/2012
om 19:30 Episode 26 op Kyknet

Vandag is dit Sally se verjaarsdag. Haar kinders het 'n spesiale verrassingspartytjie vir haar gereël. Hulle gaan almal na 'n sushirestaurant waar die eienaar vir hulle leer hoe om hulle eie sushi voor te berei. Ricardo, wat alreeds soos een van die familie voel, is ook daar. Maar dit is sy laaste aand in Suid-Afrika. Sy vliegtuig vertrek vanaand Italië toe. Dit maak seer om sy geliefde Gio te groet.

Die HeartFM radiostasie het 'n kompitisie gereël. Die luisteraars kan 'n privaat konsert deur die Davids familie by hulle huis wen. Al wat hulle moet doen is om 'n e-pos te skryf wat verduidelik hoekom hulle verdien om te wen.

John, Sally en die twee oumas besoek Tafelberg. Alhoewel Ouma reeds 81 is wil sy baie graag bo-op hierdie pragtige berg wees.

Kyknet organiseer die Fiestas. Die Huis van Davids het die eer om die verhoog te deel met 'n paar groot sterre by hierdie glansgeleentheid.

03/04/2012
om 19:30 Episode 24 op Kyknet

Gio loer na haar vriende op Facebook. 'n Spesiale Italiaanse vriend Ricardo, wat twee maande gelede in Kaapstad op vakansie was, het verrassende nuus gestuur: hy land vanaand by Cape Town International Airport. Sasha-Lee glo nie dat hy terug is net vir 'n vakansie nie. Daar moet nog 'n rede wees...

Aangesien die liedjies van Huis van Davids 'n groot sukses op die radio is, het HeartFM 'n spesiale versoek aan die familie. Laurenzo, Zoey en Vinnie is oppad na die studio om te hoor waaroor dit gaan.

In Atlantis arriveer Terri by die huis na 'n besoek aan die haarkapper. Sy is bang om die resultate vir haar pa te wys.

Intussen, omdat dit haar af dag is, wil Tisha haarself bederf met 'n vel skoonheidsbehandeling. Sy gaan die behandeling self aanmaak aangesien Nicole vir haar 'n spesiale resep gegee het. Maar die bestanddele het 'n snaakse allergiese effek op Tisha.

02/04/2012
om 19:00 Episode 22 op Mzansi Magic

Die Davids gesin besoek die graf van hulle vriend Alex. Hy is die een wat ontdek het dat al die kinders pragtige stemme het. In hierdie episode wil hulle hulde bring aan hom. Intussen is Zharea en haar beste vriendin besig met 'n familie stamboom vir 'n skoolprojek. Hulle soek na fotos van al die familielede. Hulle vind almal behalwe een – Sally se pa. Niemand in die familie weet wie hy is nie. Net Ouma kan sê... Tisha en Terri kry bestuurslesse van hulle instrukteurs John en Laurenzo. Dit sal die eerste keer wees wat Tisha 'n motor bestuur en dit maak haar senuweeagtig. Sasha-Lee is by Kaapstad Internasionale Lughawe vir die inhuldiging van 'n geldblikkie wat beoog om geld in te samel vir 'n goeie doel. Ouma se oomblik van waarheid het aangebreek. Sy kry nuwe tande!

27/03/2012
om 19:30 Episode 23 op Kyknet

Terri wil vir Laurenzo 'n guns vra. Sy kry hom terwyl hy besig is om aan 'n paar nuwe liedjies te werk.

Intussen doen Nicole en Tisha vrywilligheidswerk vir die sondagskoolkinders en vandag neem hulle die kinders na die Christelike Ontspanningsentrum.

Beaughat pak haar tassies vir 'n verrassingstog wat Leonard gereël het. Vandag is hulle 16de huweliksherdenking en Leonard het iets spesiaals ingedagte... Nicole en Tisha was so gaaf om aan te bied om na Miguel en Zharea om te sien.

Intussen word Sasha-Lee verwag by die jaarlikse vlieërfees wat georganiseer is deur Cape Mental Health tot voordeel van gestremde kinders.

26/03/2012
om 19:00 Episode 21 op Mzansi Magic

Beaughat en Leonard het die kinders en Vinnie op 'n toer na 'n wildsplaas toe geneem. Die familie gaan vandag perdry. In die tussentyd woon Tisha en Terri 'n huldeblyk aan Alex, 'n voormalige lid van die musiekgroep en trompetspeler, by. Laurenzo en Waffy is oppad na die groot plaaslike radiostasie in Kaapstad, HeartFM, toe. Hulle het 'n program op Radio Atlantis, maar hulle is nou deur HeartFM uitgenooi vir 'n werksonderhoud. Dalk word hulle die nuwe DJ Diggy Bongz, hulle grootste radioheld. Zoey en haar beste vriendin wil die Two Ocean Akwarium in Kaapstad besoek. Aangesien hulle nie bestuurslisensies het nie, bied Sasha-Lee en An-Lizé aan om hulle te neem. Die volgende oggend repeteer die jeugkoor in die kerk in Atlantis en daardie aand gee die Davids familie en die jeug van Atlantis 'n konsert by die stadskouburg.

20/03/2012
om 19:30 Episode 22 op Kyknet

Die Davids gesin besoek die graf van hulle vriend Alex. Hy is die een wat ontdek het dat al die kinders pragtige stemme het. In hierdie episode wil hulle hulde bring aan hom.

Intussen is Zharea en haar beste vriendin besig met 'n familie stamboom vir 'n skoolprojek. Hulle soek na fotos van al die familielede. Hulle vind almal behalwe een – Sally se pa. Niemand in die familie weet wie hy is nie. Net Ouma kan sê...

Tisha en Terri kry bestuurslesse van hulle instrukteurs John en Laurenzo. Dit sal die eerste keer wees wat Tisha 'n motor bestuur en dit maak haar senuweeagtig.

Sasha-Lee is by Kaapstad Internasionale Lughawe vir die inhuldiging van 'n geldblikkie wat beoog om geld in te samel vir 'n goeie doel.

Ouma se oomblik van waarheid het aangebreek. Sy kry nuwe tande!

19/03/2012
om 19:00 Episode 20 op Mzansi Magic

John gee sy weeklikse preek vir die mense van Atlantis. Omdat die kerk te klein geword het, het hy geen ander keuse gehad as om na die gemeenskapsaal te skuif nie. Maar hy gaan binnekort sy eie, groter kerk hê. Laurenzo het geen tyd om te mors nie, aangesien hy, Sasha, Zoey en Vinnie uitgenooi is na die HeartFM radiostasie. Die stasie is baie opgewonde oor die album en wil saam met die familie werk. In die tussentyd is Gio, Terri en hulle ma oppad na Stellenbosch Universiteit toe. Gio dink ernstig daaraan om universiteit toe te gaan. 'n Studentementor neem hulle op 'n toer om die kampus sodat hulle 'n goeie indruk van studentelewe kan kry. Beaughat en die res van haar gesin gaan op 'n twee-dag toer na 'n wildsplaas en Vinnie is genooi om saam te kom.

13/03/2012
om 19:30 Episode 21 op Kyknet

Beaughat en Leonard het die kinders en Vinnie op 'n toer na 'n wildsplaas toe geneem. Die familie gaan vandag perdry. In die tussentyd woon Tisha en Terri 'n huldeblyk aan Alex, 'n voormalige lid van die musiekgroep en trompetspeler, by. Laurenzo en Waffy is oppad na die groot plaaslike radiostasie in Kaapstad, HeartFM, toe. Hulle het 'n program op Radio Atlantis, maar hulle is nou deur HeartFM uitgenooi vir 'n werksonderhoud. Dalk word hulle die nuwe DJ Diggy Bongz, hulle grootste radioheld. Zoey en haar beste vriendin wil die Two Ocean Akwarium in Kaapstad besoek. Aangesien hulle nie bestuurslisensies het nie, bied Sasha-Lee en An-Lizé aan om hulle te neem. Die volgende oggend repeteer die jeugkoor in die kerk in Atlantis en daardie aand gee die Davids familie en die jeug van Atlantis 'n konsert by die stadskouburg.

12/03/2012
om 19:00 Episode 19 op Mzansi Magic

Vandag is John en Sally se 30ste huweliksherdenking. Laurenzo het verskeie verrassings gereël en maak seker dat alles in plek is. Wanneer alles en almal gereed is hoef hulle net vir die twee duifies te wag. Die hele gemeenskap het bygedra tot hulle present. Dit is Laurenzo se taak om dit te oorhandig – 'n tweede wittebrood vir John en Sally. Later kom kuier Laurenzo se vriend Waffy by hom. Hulle is gevra om 'n radioprogram op Radio Atlantis aan te bied. Vanaand sal hulle eerste keer op die lug wees en hulle gaan deur die onderwerpe vir die program. Ook in hierdie episode - die Davids familie gaan hulle eerste musiekvideo skiet.

06/03/2012
om 19:30 Episode 20 op Kyknet

John gee sy weeklikse preek vir die mense van Atlantis. Omdat die kerk te klein geword het, het hy geen ander keuse gehad as om na die gemeenskapsaal te skuif nie. Maar hy gaan binnekort sy eie, groter kerk hê. Laurenzo het geen tyd om te mors nie, aangesien hy, Sasha, Zoey en Vinnie uitgenooi is na die HeartFM radiostasie. Die stasie is baie opgewonde oor die album en wil saam met die familie werk. In die tussentyd is Gio, Terri en hulle ma oppad na Stellenbosch Universiteit toe. Gio dink ernstig daaraan om universiteit toe te gaan. 'n Studentementor neem hulle op 'n toer om die kampus sodat hulle 'n goeie indruk van studentelewe kan kry. Beaughat en die res van haar gesin gaan op 'n twee-dag toer na 'n wildsplaas en Vinnie is genooi om saam te kom.

05/03/2012
om 19:00 Episode 18 op Mzansi Magic

Vandag begin John 'n muur afbreek sodat hulle die sitkamer kan vergroot. Sally verlaat die huis vir 'n paar dae sodat sy die stof en lawaai kan vryspring. Intussen is Terri bang dat sy in groot moeilikheid is. Sy het haar suster An-Lizé se bo-stuk geruïneer deur 'n vlek met bleikmiddel te probeer verwyder. Sy is desperaat om in An-Lizé se goeie boekies te kom voordat sy haar vertel van die verbleikte bo-stuk. Dit vat nie lank vir An-Lizé om met 'n gepaste straf op te kom nie. Laurenzo gaan as gastespreker optree by 'n onthaal by sy voormalige skool. Hy is gestel daarop om 'n inspirasie te wees vir al die jongelinge van die skool. Wanneer Sally terugkeer na 'n paar dae, begin die vergrote sitkamer al vorm aanneem en is die opknappings amper klaar. 'n Vars laag verf behoort dit bietjie lewe te gee. John het 'n baie helder oranje gekies, maar stem Sally saam...?

28/02/2012
om 19:30 Episode 19 op Kyknet

Vandag is John en Sally se 30ste huweliksherdenking. Laurenzo het verskeie verrassings gereël en maak seker dat alles in plek is. Wanneer alles en almal gereed is hoef hulle net vir die twee duifies te wag. Die hele gemeenskap het bygedra tot hulle present. Dit is Laurenzo se taak om dit te oorhandig – 'n tweede wittebrood vir John en Sally.
Later kom kuier Laurenzo se vriend Waffy by hom. Hulle is gevra om 'n radioprogram op Radio Atlantis aan te bied. Vanaand sal hulle eerste keer op die lug wees en hulle gaan deur die onderwerpe vir die program.
Ook in hier die episode - die Davids familie gaan hulle eerste musiekvideo skiet.

27/02/2012
om 19:00 Episode 17 op Mzansi Magic

Sally en Ouma besoek die tandards aangesien Ouma nuwe valstande nodig het. Op die rype ouderdom van 81 het sy reeds al haar tande verloor en kan dus net sagte kosse eet.
In Atlantis is Gio in Laurenzo se ou slaapkamer. Vandat Laurenzo uitgetrek het na sy agterplaasateljee, staan die kamer leeg en is daar verskeie gesinslede wat geheime planne vir dit het. Gio is steeds op soek na 'n plek om haar grimeerateljee te vestig. Sy skuif dus haar grimeertafel na die leë kamer toe om dit te eien. Wanneer Vinnie die kamer binnekom om sy rugbykit te kry kan hy sy oë nie glo nie. Gio se grimeertafel staan in sy toekomstige gim! John het sy eie manier om die saak op te los.
Nicole en Tisha arriveer in hulle oefenklere by Beaughat se huis. Hulle wil hulle suster ondersteun in haar stryd om gewig te verloor, en besluit om by haar aan te sluit tydens een van haar oefensessies.
Die familie word uitgenooi na 'n konsert deur Italiaanse ster Patrizio in Kaapstad. Peter Gillis het gereël dat hulle Patrizio na die vertoning kan ontmoet.
Met Peter terug in Suid-Afrika begin die familie hulle opname sessies by die Sunset Ateljee naby Stellenbosch. Peter het gereël dat hulle in 'n luukse gastehuis naby die ateljee woon.

21/02/2012
om 19:30 Episode 18 op Kyknet

Vandag begin John 'n muur afbreek sodat hulle die sitkamer kan vergroot. Sally verlaat die huis vir 'n paar dae sodat sy die stof en lawaai kan vryspring.
Intussen is Terri bang dat sy in groot moeilikheid is. Sy het haar suster An-Lizé se bo-stuk geruïneer deur 'n vlek met bleikmiddel te probeer verwyder. Sy is desperaat om in An-Lizé se goeie boekies te kom voordat sy haar vertel van die verbleikte bo-stuk. Dit vat nie lank vir An-Lizé om met 'n gepaste straf op te kom nie.
Laurenzo gaan as gastespreker optree by 'n onthaal by sy voormalige skool. Hy is gestel daarop om 'n inspirasie te wees vir al die jongelinge van die skool.
Wanneer Sally terugkeer na 'n paar dae, begin die vergrote sitkamer al vorm aanneem en is die opknappings amper klaar. 'n Vars laag verf behoort dit bietjie lewe te gee. John het 'n baie helder oranje gekies, maar stem Sally saam...?