Vandag is John en Sally se 30ste huweliksherdenking. Laurenzo het verskeie verrassings gereël en maak seker dat alles in plek is. Wanneer alles en almal gereed is hoef hulle net vir die twee duifies te wag. Die hele gemeenskap het bygedra tot hulle present. Dit is Laurenzo se taak om dit te oorhandig – 'n tweede wittebrood vir John en Sally.
Later kom kuier Laurenzo se vriend Waffy by hom. Hulle is gevra om 'n radioprogram op Radio Atlantis aan te bied. Vanaand sal hulle eerste keer op die lug wees en hulle gaan deur die onderwerpe vir die program.
Ook in hier die episode - die Davids familie gaan hulle eerste musiekvideo skiet.