Sally en Ouma besoek die tandards aangesien Ouma nuwe valstande nodig het. Op die rype ouderdom van 81 het sy reeds al haar tande verloor en kan dus net sagte kosse eet.
In Atlantis is Gio in Laurenzo se ou slaapkamer. Vandat Laurenzo uitgetrek het na sy agterplaasateljee, staan die kamer leeg en is daar verskeie gesinslede wat geheime planne vir dit het. Gio is steeds op soek na 'n plek om haar grimeerateljee te vestig. Sy skuif dus haar grimeertafel na die leë kamer toe om dit te eien. Wanneer Vinnie die kamer binnekom om sy rugbykit te kry kan hy sy oë nie glo nie. Gio se grimeertafel staan in sy toekomstige gim! John het sy eie manier om die saak op te los.
Nicole en Tisha arriveer in hulle oefenklere by Beaughat se huis. Hulle wil hulle suster ondersteun in haar stryd om gewig te verloor, en besluit om by haar aan te sluit tydens een van haar oefensessies.
Die familie word uitgenooi na 'n konsert deur Italiaanse ster Patrizio in Kaapstad. Peter Gillis het gereël dat hulle Patrizio na die vertoning kan ontmoet.
Met Peter terug in Suid-Afrika begin die familie hulle opname sessies by die Sunset Ateljee naby Stellenbosch. Peter het gereël dat hulle in 'n luukse gastehuis naby die ateljee woon.