Languages

Sasha-Lee

 

Vars uit matriek het Sasha-Lee die wêreld met ‘n slag getref deur nie net een nie, maar twee realiteits reekse te wen; MATRIX en die befaamde Idols kroon in 2009. Dis geen verrassing dat sy VSA toe genooi is om ‘n snit op te neem nie en dat sy later in Brittanje opeindig waar sy ‘n paar maande gebly het. Sy het nie net aan haar musiek gewerk nie, maar het ook die kans waargeneem om na al haar warrelwind ervaringe te ontlaai. Kort voor haar een-en-twintigste verjaardag keer sy terug huis toe. Sy is oorstelp om by haar familie te wees,  uitgerus en gereed om haar loopbaan verder aan te pak.