Languages

Ouma

 

Ouma is onafhanklik van geaardheid, daarom verkies sy ‘n selfsorg ouetehuis. Haar dogter Sally besorg al haar benodighede, maar ouma hou vol om die taxi of bus te neem om op eie houtjie inkopies te doen. Wanneer Sally haar nuwe klere koop, dra sy dit skaars, dit word gebêre as die goeie klere. So af en toe laat sy darem die kleinkinders toe om haar op te dollie; haar hare te doen, grimering aan te wend, ‘n uitrusting te kies, veral vir spesiale geleenthede. Sy is baie lief vir dans en is nie kieskeurig oor die musiek nie.