
An-Lizé was vroeër ‘n Pasella aanbieder, het ‘n solo loopbaan geniet en help Sasha-Lee se sake bestuur. Sy hou haar ook besig met die sang en musiek aktiwiteite van die Sondagskool en jeug. As die oudste kind in die huis, waak sy oor die welstand van Ma Sally en Pa John soos ‘n leeuwyfie oor haar welpies.