
Laurenzo is die perfekte gentleman. Die tipe ou wat die deur vir ‘n vrou oophou, en dan nog ‘n bos blomme agter sy rug ook versteek. Hy het as Wiskunde en Natuur en Skeikunde hoërskool onderwyser bedank om die geroep van sy groter passie te beantwoord. Met die gevolg dat hy nou sy hart en siel slegs in musiek begewe. Hy’t al saam met Stevie Wonder gesing en klavier gespeel, en aan ‘n solo album saam met Jamie Jones van All4One in Los Angeles gewerk.