
Pa John was dertig jaar gelede ’n berugte bendelid. Toe hy egter vir Sally ontmoet het sy hom op die regte pad gebring. Nou is hy ’n pastoor en ’n liefdevolle vader. Hy is alombekend vir sy uitbundige lag is ’n vriend vir almal. Elke week bring hy, sy vrou en hul tien singende kinders nuwe hoop vir die mense van Atlantis.