
Gio is die Posh Spice van die familie en kan op ‘n verlate eiland oorleef met slegs hoë hakke, lipstiffie en ‘n handspieëltjie. Maar moet jou geensins misgis en dink dis die diepte van haar menswees nie, sy speel graag sielkundige vir vriende. As mens kyk na haar foto’s op Facebook is dit duidelik dat sy geen tekort aan manlike aandag het nie, maar Gio weet wat sy wil hê en sal haar hart nie sommer weggee nie.