Languages

In HOUSE OF DAVIDS maak jy kennis met die mees musikale gesin in Suid-Afrika. In Atlantis, ’n dorp net buite Kaapstad, woon John Davids saam met sy vrou Sally en hul tien kinders.
 
John was vroeër ’n gevreesde bendelid, maar Sally kon daarin slaag om hom terug te bring op die regte pad.
 
God het elk van die tien kinders geseën met één gedeelde talent: musiek. Een van die Davids dogters, Sasha-Lee, het selfs Suid-Afrika se Idols in 2009 gewen. Ontmoet hierdie uitsonderlike gesin in die eerste musikale realiteit-sepie in die land: HOUSE OF DAVIDS.